Vind skuilte teen Sikloon Freddy

Sikloon Freddy gaan dié naweek talle dele van Suid-Afrika tref – met kwaai gevolge.

Eintlik is Freddy nie meer ’n sikloon nie, maar ’n tropiese storm, wat swaar reën en vloede na die noord-oostelike dele van die land gaan bring. Freddy trek nou oor Madagaskar, waar vier mense al dood is.

Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal gaan die ergste deurloop.

Lehlohonolo Thobela, ’n voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het gesê die storm behoort Mosambiek vandag te bereik, en Suid-Afrika in die naweek.

Hy het gesê dit is moeilik om die reënvalsyfer te voorspel, maar gewaarsku dat vloede moontlik is.

Net verlede week het die regering ’n ramptoestand verklaar in die vloedgeteisterde provinsies Mpumalanga, Ooskaap, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Noordkaap en Noordwes.

Freddy het positiewe verwagtinge in die wiele gery.

Die onlangse vloede het sewe lewens in die Ooskaap en KZN geëis.

Die Krugerwildtuin is ook swaar getref. Die Krokodilbrug en Onder-Sabie kampe is voorlopig gesluit.

Saamgestel deur Dylan Bettencourt

In die foto hierbo: Cyclone Freddy

Fotobron: Twitter