HOEKOM SO STIL, MNR DIE PRESIDENT?

Deur Zukile Majova

President Cyril Ramaphosa skuld Andre de Ruyter, wat Woensdag uit sy pos as Hoof Uitvoerende Beampte by Eskom verjaag is, ’n enorme dankbetuiging.

Maar die President het nie ’n vinger verroer toe die ANC se Sekretaris Generaal, Fikile Mbalula, De Ruyter uitgekryt en op sosiale media as “De Traitor” gebrandmerk het nie.

De Ruyter is die man wat verseker het dat ontwikkelde lande by Cop26 ’n bedrag van $8.5 miljard aan die Regmatige Energie-Oorgang bewillig het.

Daardie toegif sal Ramaphosa se ambisie om die land se afhanklikheid aan steenkoolkrag te verminder ’n hupstoot gee.

De Ruyter het dié week onthul dat Eskom gebruik word om Ramaphosa se regering in die wiele te ry.

Maar toe Eskom se direksie besluit om hom uit te skop, was daar geen teken van die President nie.

Die publiek, wat erge kragonderbrekings beleef, is woedend. Dis duidelik dat De Ruyter in die pad gesteek is omdat hy gesê het Eskom het ’n vreet-trog vir die politieke elite geword.

Die President is dieselfde Ramaphosa wat beloof het fluitjieblasers teen korrupsie sal beskerm word.

Pleks daarvan kon Mbalula De Ruyter as ’n regse rassis afmaak, “met ideologies verskille met die ANC en die regering”. Mbalula het gesê dit bewys hy was ’n mislukking.

“Mnr De Ruyter is aangestel slegs sodat hy Eskom in ’n werkende openbare onderneming kan omskep, wat die land van stabiele, betroubare energie voorsien.

“Hy het geheel en al misluk om sy kontraktuele verpliginge na te kom.

“Pleks daarvan het hy sy regse idiologiese posisie onthul. Dit lê buite die omvang van sy aanstelling.

“Die vraag of die energieverskaffer ’n staatsonderneming is of nie was nooit deel van sy kontrak nie.”

Ondertussen het De Ruyter, wat verlede jaar ’n gif-aanslag oorleef het, gesê hy gaan die land moontlik uit vrees vir sy veiligheid verlaat.

In die foto hierbo: Cyril Ramaphosa, wat nie die voormalige Eskombaas beskerm het nie

Fotobron: @PresidencyZA