Deur Razeen Gutta
Die Nigeriese professionele sokkerliga (NPFL) liggaam het die eerste-afdeling klub Shooting Stars met N500,000 (R20,000) beboet nadat een van hul beamptes voor ‘n wedstryd op die veld watergelaat het.
Die klub se kampkommandant, Auwal Mohammed, is uitgebeeld op ‘n foto wat wêreldwyd die eter ingevaar het, terwyl hy urineer voor die afskop teen Akwa United laas Sondag.
Die NPFL se tussentydse bestuurskomitee het die beampte vir een jaar uit alle ligaverwante aktiwiteite geskors en aan die klub gesê dat die “veragtelike daad” die spel ‘n slegte reputasie gegee het.
“U het nie daarin geslaag om die gedrag van u beamptes te beheer nie, wat daartoe gelei het dat Mnr. Auwal Mohammed ten volle aansig van die algemene publiek op die speelveld geurineer het,” het die liga in hul verklaring gesê.
“Gevolglik lê die NPFL u hiermee die volgende sanksies op: a) ‘n Boete van slegs Vyfhonderdduisend Naira (N500,000) omdat u die spel in oneer gebring het en nie die gedrag van u beampte beheer nie.
“b) ‘n Bevel wat Auwal Mohammed skors van alle NPFL-verwante aktiwiteite vir ‘n tydperk van een jaar, wat onmiddellik van krag is.
“c) ’n Waarskuwing aan Shooting Stars om toepaslike maatreëls te tref om die voorkoms van soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.”
Op die foto hierbo: Auwal Mohammed het viraal gegaan omdat hy op die veld geurineer het
Fotobron: @instablog9ja