Deur Anita Dangazele
Die DA se koalisie wat in Nelson Mandelabaai aan bewind staan, is op die drumpel van ineenstorting nadat die Noordelike Alliansie (NA) dedreig het om te onttrek.
Die koalisie regeer met 60 setels teenoor die 59 van die ANC-koalisie. Dit is hoe kwesbaar die meerderheid is. Een enkele setel kan die R37-miljard muisipaliteit terugswaai na die ANC, wat dit in September 2022 kwyt is ná n mosie van wantroue.
Gister het Gary van Niekerk, president van die NA en speaker van die NMB-stadsraad, gesê die DA en ander groot partye in die koalisie luister nie na hulle insette oor die ontwikkeling van ’n beurtkrag-strategie vir die stad nie.
“Ná n klomp leë beloftes van Burgemeeste Retief Odendaal om ons voorstelle vir ’n beurtkragstrategie te bekyk, het ons geen ander keuse nie as om ander maniere te vind om ons stemme te laat hoor.
“As ons die koalisie moet verlaat om dit te laat gebeur, is dit maar hoe dit is.”
Die blok wat uit klein partye bestaan en deel uitmaak van die Nelson Mandelabaai-koalisie het gister vergader om meer van die NA se standpunt te wete te kom.
Die koalisiegroep se voorsitter, Bill Harrington van die Vryheidsfront-Plus, het aan Scrolla.Africa gesê die blok het voorgestel dat Van Niekerk sy voorstel regstreeks aan die stad se direktoraat vir elektrisiteit en energie moet voorlê.
“Die NA het gesê tensy julle voorstel ten volle ondersoek word, sal hulle hulle posisie in die koalisie heroorweeg,” het hy gesê.
Harrington het bevestig dat die DA se koalisiegroep steeds bestaan.
Die NA het verlede September die ANC-koalisie tot ’n val gebring deur daaraan te onttrek. Hulle volgende stap kan net so insiggewend wees.
In die foto hierbo: Nelson Mandelabaai se uitvoerende burgemeester by die DA se koalisie-bondgenote
Fotobron: NMB se Uitvoerende burgemeester se Facebook-blad