Wat presies het die keiser gedoen terwyl Rome in ligte laaie was? Historici meen daar was ‘n viool betrokke, maar ‘n onlangse argeologiese bevinding gooi nuwe lig op die saak.
Kenners in die VK sê dat ‘n ses-duim stuk hout “gereedskap” wat in 1993 uit ‘n sloot opgegrawe is, eintlik ‘n seksspeelding is.
Argeoloë het aanvanklik gedink die instrument is vir stopwerk gebruik, maar twee kenners sê nou dit is waarskynlik die eerste erkende voorbeeld van ‘n Romeinse dildo.
Die voorwerp is vir die eerste keer ontdek in die Engelse streek Northumberland, net suid van Hadrianus se Muur – ‘n beroemde Romeinse muur wat amper 2,000 jaar gelede gebou is.
“Ek moet erken dit was vir my amper vanselfsprekend dat dit ‘n penis is,” het die argeoloog Rob Collins aan die Guardian gesê.
“Ek weet nie wie dit in die katalogus neergeskryf het nie. Miskien was dit iemand wat ongemaklik daarmee was of nie gedink het die Romeine sou sulke simpel goed aanvang nie.”
Die fallus, reeds ietwat kommerwekkend en imposant teen ‘n skaflike 16 cm lank, het volgens kenners waarskynlik met verloop van die eeue gekrimp.
Collins het gesê dat penisvormige voorwerpe dikwels deur Romeine gebruik is om boosheid af te weer, en dat wie ook al hierdie een besit het, dit dalk betas het om voorspoed teweeg te bring.
Hy het gesê dit mag onakkuraat wees om die voorwerp as ‘n seksspeelding te beskryf, want dildo’s is ook bekend as voorwerpe wat vir marteling gebruik is.
Saamgestel deur Arthur Greene
Op die foto hierbo: ‘n Twee-eeu oue dildo
Fotobron: Twitter