Collierville Diereskuiling in Tennessee smeek die akteur Paul Rudd om een van hul honde aan te neem.
Die rede? Hulle glo die brakkie se bakkies lyk kompleet soos dié van die Ant-Man en Wasp: Quantumania-ster.
Die diereskuiling in Tennessee het ‘n kreatiewe manier bedink om sy viervoetige inwoners te help om hul vir-altyd tuiste te vind.
In ‘n plasing deur die Town of Collierville op Twitter, het hulle gesê hul maak liefdesverbindings tussen troeteldiere en mense.
“Ons het ontdek dat een van ons honde uitgeknip is om by Paul Rudd te wees.”
Die skuiling het gesê Pawl Ruff is ‘n twee jaar oue, 65 pond Australiese Herder-mengsel. Hy het as ‘Waffle House’ by die skuiling aangekom, maar sy naam is verander toe hulle besef het dat die hond sterk op die akteur trek.
“Wat is meer heldhaftig as om ‘n troeteldier van ‘n skuiling af aan te neem?” het hulle geskryf, en Pawl Ruff beskryf as ‘n sagte, gemaklike kêrel – “die soort ou wat jy wil hê as jou buurman, beste vriend of lewenslange metgesel.”
Volgens die skuiling geniet Pawl Ruff sy badtyd en loop gedweë aan ‘n leiband.
“Hy het laat verlede maand by die skuiling aangekom en ons werknemers en vrywilligers beskryf hom as bietjie van ‘n ‘goofball’… maar ook uiters sjarmant – wat baie in gemeen het met van die karakters wat Paul Rudd al uitgebeeld het,” het skuilingbestuurder Brandon Wallace aan CommercialAppeal.com gesê.
Sedert Pawl Ruff vroeër vandeesmaand op die organisasie se webwerf geplaas is, het die skuiling meer as sewe aannemingsaansoeke vir hom ontvang, hoewel nie een van die aansoeke van Rudd self was nie.
Saamgestel deur Mashudu Mabila
Op die foto hierbo: Paul Rudd en die honde-tweeling Pawl Ruff
Fotobron: Twitter/@ColliervilleGov