Polisie sê vir gay vrou haar saak staan geen kans nie

Deur Buziwe Nocuze

Nadat ’n vrou van Khayelitsha ’n groep mans gevra het om hulle karre behoorlik te parkeer, het hulle haar met verkragting gedreig.

Die mans het verlede week voetgangers se pad versper deur dubbel te parkeer. Die 31-jarige vrou, wat gay is, het gesê: “Ek het gedink ek tree reg op deur mooi te vra. Ek het nie verwag dat hulle my met verkragting sou dreig nie.”

Hulle het haar uitgeskel, en gesê al is gay, is sy nog steeds vrou. “Ek het aan hulle houding gesien hulle sou die dreigement kon uitvoer.”

Sy het onveilig gevoel, en wou ’n klag by die Harare polisiestasie lê. “Die polisielid met wie ek gepraat het, het gesê dit sou nutteloos wees, aangesien soortgelyke sake nooit ver kom in Khayelitsha nie.

“Ek was geskok om so ’n antwoord te kry van mense wat veronderstel is om ons te beskerm.”

Funeka Soldaat, ’n Wes-Kaapse LGBTQI+ -aktivis en medestigter van die Vrye Geslag-organisasie, het gesê die insident dui net weer op die bitter stryd om aanvaarding en veiligheid wat lede van die LGBTQI+ -gemeenskap stry.

“Lesbiërs word gereeld verkrag, maar die meeste van hulle lê nie klagtes nie [want dit sou nutteloos wees]. Partymaal werk die speurders nie eens saam met die slagoffers nie.”

Adjudant-offisier Nosiphiwo Mtengwane, segspersoon vir die Harare SAPD, het bevestig dat ’n intimidasiesaak ondersoek word. Sy was nie bewus van die polisielid wat die klaagster afgeraai het om ’n saak te maak nie.

In die foto hierbo: ’n Vrou in Khayelitsha is afgeraai om saak van intimidasie te maak – omdat sy lesbies is

Fotobron: Buziwe Nocuze