ONTHUL: POLISIEBOEF AGTER TRANSITOROOF

Deur Zukile Majova en Everson Luhanga

’n Polisieskurk van Katlehong-Noord SAPD is onthul as die verdagte meesterbrein agter ’n waaghalsige transitoroof laas Vrydag in die township. Sy naam word weerhou.

In die uitvoering van die brutate misdaad op die hoek van Kgotso- en Mpambostraat in Mavimbela sektor in Katlehong het die booswigte in ’n gepantserde voertuig van Fidelity Cash Solutions vasgejaag.

Hulle het ’n 3-reeks BMW uit die negentigerjare gebruik om die voertuig van die kant af te tref en tot stilstand te dwing.

Daarna het hulle die wagte aangesê om uit die voertuig te klim en op die grond te lê, skote in die rigting van omstanders gevuur en ’n beheerde ploftoestel gebruik om die kluis oop te skiet.

’n Man is in die nek en ’n vrou in die bo-arm getref.

Dit is ’n strategie wat gereeld in transotorooftogte gebruik word. Duitse motors uit die 80s en 90s word verkies, omdat hulle sterk impakstawe voor en aan die kant het.

“Die verdagtes het ná die roof in verskillende motors weggejaag: ’n wit BMW 3-reeks, ’n wit Mercedes-Benz, ’n silwer Mercedes-Benz en ’n Toyota Quantum. Die grys BMW waarmee hulle in die kontantwa vasgejaag het, is op die toneel agtergelaat,” het ons bron gesê.

Scrolla.Africa het eksklusiewe inligting oor die beplanning en uitvoering van die roof bekom.

Die baasbrein het dit skynbaar weke vooruit beplan. Verlede Donderdag het hy sy buurvrou gevra om hom te help om twee Mercedes-Benz sedans en ’n BMW sedan op haar eiendom, wat ’n dubbele motorhuis het, te versteek.

Die buurvrou, wat in hegtenis geneem is, het aan die ondersoekbeamptes gesê sy het ’n vriendin in die buurt gevra om die derde kar in haar motorhuis te versteek.

Die planmaker het toe met ’n groep mans in ’n Toyota Quantum weggery. Vrydagoggend tienuur het hy in ’n Quantum met dieselfde handlangers opgedaag om die karre te kom haal.

Al drie motors en ’n minibus taxi was by die rooftog betrokke.

Ná ’n wenk het die polisie die twee Mercedes-Benz sedans op die buurvrou se eiendom gevind en twee vroue en drie mans in hegtenis geneem.

Een Mercedes is vroeër in Moffatview gekaap en ’n ander in Meadowlands, en die BMW in Eden Park.

Die hoofverdagte is by sy huis in hegtenis geneem waar hy besig was om vir die nagskof gereed te maak.

’n Stel SAPD nommerplate is in sy huis gevind, saam met talle polisie-weerkaatsingsbaadjies en twee gewapende roof-dossiere van onverwante sake.

Die hoofverdagte is in Brackendowns se selle toegesluit, en vyf ander verdagtes in Eden Park s’n.

In die foto hierbo: Drie van die verdagtes in laas Vrydag se transitorooftog word in hegtenis geneem

Fotobron: Verskaf