Die gemiddelde regop penis het glo gegroei van 4.8 tot 6 duim, volgens ekspertinligting.
Navorsing deur ‘n span van Stanford Uuniversiteit toon dat die gemiddelde regop penis tussen 1992 en 2021 met 25% in lengte gegroei het.
In ‘n verslag gepubliseer in The World Journal of Men’s Health, het navorsers by Stanford data saamgestel uit 75 studies wat tussen 1942 en 2021 uitgevoer is, met die mates van 55,761 mans se penisse in ag genome.
Elkeen van die studies het data ingesamel oor penislengtes in die Verenigde State, hetsy heeltemal slap, gestrek of regop.
Dr Michael Eisenberg, professor in urologie aan Stanford Medicine, het gesê die toename kan te wyte wees aan omgewingsblootstellings, soos besoedelingstowwe of ‘n bankpatat lewenstyl.
“As ons hierdie vinnige verandering waarneem, beteken dit dat iets drasties aan’t gebeur is met ons liggame,” het die Daily Mail hom aangehaal.
Dr Eisenberg vrees ook dat die toename in lengte gekoppel kan word aan blootstelling aan skadelike chemikalieë, wat ons hormone beïnvloed.
Chemiese blootstelling is ook voorgehou as die rede dat seuns en meisies vroeër puberteit bereik.
Die span navorsers glo dat dieselfde faktore wat tot onvrugbaarheid en erektiele disfunksie lei, ook aan groter penisse gekoppel kan word. ‘n Studie wat laat verlede jaar gepubliseer is, het bevind dat die gemiddelde manlike spermtellings sedert die 1970’s met tot helfte afgeneem het.
Saamgestel deur Mashudu Mabila
Op die foto bo: Meet hom maar, maat
Beeldbron: Pexels