Sokkerspelertjie wat grot oorleef het ‘speel nou in die hemel’

Een van die 12 seuntjies wat in 2018 uit ’n watergevulde grot in Thailand gered is, Duangpetch Promthep, bekend as Dom, is Dindagaand in Brittanje dood. Die oorsaak is onbekend. Geen misdaad word vermoed nie

Kiatisuk Senamuang, Duangpetch se afrigter en mentor, het in ’n boodskap geskryf: “Geniet jou sokker in die hemel, wees wie jy nog altyd wou wees, doen wat jy lushet, gaan kyk soveel wedstryde as wat jy wil.”

Kiatisuk is die skepper van die Zico-stigting, wat Duangpetch geborg het om akademie-sokker is Engeland te speel.

’n Onderwyser het die jongeling Sondag bewusteloos in ’n koshuiskamer gevind en hospitaal toe geneem, waar hy Dinsdag dood is.

“Ek wens jou ’n veilige reis toe,” het Kiatisuk op sosiale media geskryf. “Vanaand sal ek al ons herinneringe oproep. Ek sal alles onthou. Ek is so lief vir jou.”

Dit is nie duidelik of Dom aan enige onderliggende kwale gely het nie. Hy is as “sterk en fiks” beskryf, volgens The Guardian.

Dom was die kaptein van die sokkerspan Wild Board, waarvan 12 spelers en hulle afrigter ondergronds in ’n grot vasgekeer was.

Die span was in die grot op ’n pretdag, maar al die ingange is deur flitsvloede toegespoel.

Die spelers, tussen elf en 16 jaar oud, was twee weke lank in die grot vasgekeer voordat hulle gered is.

Saamgestel deur Dylan Bettencourt

In die foto hierbo: Duangpetch Promthep

Fotobron: Twitter