Deur Michael Madyira
Kaizer Chiefs en Orlando Pirates sal nie deel uitmaak van die eerste CAF Superliga nie. Mamelodi Sundowns sal Suid-Afrika se enigste verteenwoordiger wees.
Die Superliga skop in Augustus af. Aanvanklik sou 24 spanne meegeding het, maar dis na agt verminder en sal stelselmatig uitgebrei word.
Die spanne is: Petro Atletico, TP Mazembe, Al Ahly, Horoya SC, Wydad Casablanca, Simba SC, Esperance en Masandawana.
CAF se reëls bepaal dat geen lidland deur meer as een span verteenwoordig word nie. Swaargewigte op die kontinent, soos Zamalek, Raja Casablanca, Etoile du Sahel en AS Vita, is ook hierdeur uitgesluit.
A CAF-beampte het aan Scrolla.Africa gesê die formaat van die toernooi sal later bepaal word.
Pirates kan dalk ingedoen voel. Hulle het laasjaar die eindstryd van die CAF Konfederasiebeker gehaal, in in die afgelope dekade was die Buccaneers die naaswenners in drie kontinentale kompetisies.
Chiefs het twee seisoene gelede die eindstryd van CAF se kampioeneliga gehaal.
Selfs die Konfederasiebeker-kampioene, RS Berkane, is uitgesluit.
CAF se president, Patrice Motsepe, het gesê: “Hierdie is een van die opwindendste projekte in die geskiedenis van Afrika-voetbal en sal ontwikkeling en groei bevorder.”
Daar wag ’n rowwe jaar op Mamelodi Sundowns, wat hulle diepte sal toets.
Benewens die plaaslike kompetisies en CAF se kampioeneliga sal hulle van Augustus af kwaai bedrywing wees wanneer die Superliga begin.
In die foto hierbo: Kaizer Chiefs het nie die paal gehaal nie
Fotobron: Kaizer Chiefs