Sy kan nie hoor nie, maar genugtig, kan sy dans!

Deur Nkhensani Mthombeni

Zondi Khosa mag doof wees, maar dit verhinder haar nie om asemrowende dansbewegings uit te voer nie.

Wanneer mense haar in aksie sien, kan hulle nie glo sy is doofstom nie. Die 37-jarige vrou was een van die sterre van die Limpopo Xibelani-Dansgroep by die polisie se onlangse nasionale feesvieringe in Polokwane. Sy tree gereeld by polisiegeleenthede op.

Khosa, die ma van twee seuns, woon in Namakgale Township in Limpopo, en verrig algemene take by die Lulekani Polisiestasie.

Sy glo sy is op die aarde geplaas om “God se glorie uit te beeld” deur haar dansvertonings.

Haar ouer suster, Nkhensani Nkopane, het aan Scrolla.Africa gesê Khosa dans al vandat sy ’n kleuter was.

“Sy het altyd gedans wanneer daar musiek gespeel het, en ons kon nie verstaan hoe sy dit kon doen sonder om die klanke te hoor nie,” het sy gesê.

“Toe het ons besef dat sy net op harde musiek met basnote kan dans. Sy het ons laat weet sy voel die ritme en maatslag, en word daardeur gelei.”

Nkhensani het gesê haar jonger suster blink ook uit in atletiek en vaar goed in skoonheidskompetisies. Sy is laasjaar as die Tweede Princess by die Mejuffrou SAPD in Mopanidistrict gekroon.

Sy het in haar jeug onderrig by Letaba se spesiale skool ontvang en Suid-Afrika in Rome as gestremde atleet verteenwoordig.

In die foto hierbo: Zondi Khosa voer haar danspassies uit

Fotobron: Verskaf