Deur Khaya Ndaba
Sonia Booth het die meeste gemaak van haar eerste stoksielalleen Valentynsdag – deur ‘n splinternuwe reeks kaaskoekgegeurde roomys bekend te stel.
Dis ‘n jaar sedert Matthew Booth, voormalige sokkerster en kommentator, betrap is dat hy na bewering sy immer-liefdevolle vrou verneuk het; Sonia is ‘n eertydse Mej Suid-Afrika-finalis.
Hierdie week op Valentynsdag het Sonia sosiale media gebruik om haar nuwe roomysmaatskappy te loods, en haar aanhangers staan reeds tou vir die ysige lekkerny.
“Nodeloos om te sê, het ek nie ‘n Valentynsdag in enige sin van die woord gehad nie. Wys my ‘n bietjie liefde deur die Marula-kaaskoek-roomys (R50) te koop. Voeg R40 by vir aflewering (blameer die Minister van Brandstof),” het sy op Twitter geskryf.
Die ironie loop dik as mens kyk na haar maatskappy se naam: Cheesecake Passion. Toe Booth blykbaar met sy broek om die enkels betrap is, het Sonia beweer hy het ‘n kaaskoek gebak kort voor hul seun se verjaardag. Dit het toe uitgekom die koek was glad nie vir hul seuntjie bedoel nie, maar vir die voormalige Bafana-verdediger se vermeende stukkie los.
Haar volgelinge op Twitter het die een versoek na die ander afgevuur om die smullekker roomys te koop.
Die reeks sluit drie tipes kaaskoek-roomys in naamlik Passion Frozen Yoghurt, Amarula Passion Liqueur, en Passion Popcorn.
Sommige aanhangers het kleinhandelaars soos Pick n Pay en Woolworths versoek om voorraad van haar kaaskoekprodukte aan te skaf, sodat hul hande daarop kan kry.
Hoe dit ook al sy, na haar liefdesteleurstelling lag sy nou al die pad bank toe.
Jy’d dit eerste op Scrolla.Africa gehoor: in Sonia Booth se geval is wraak ‘n dis wat ten beste bevrore bedien word.
Op die foto hierbo: Sonia Booth se kaaskoekreeks
Fotobron: Sonia Booth Facebook