Tussenverkiesings kan magstryd swaai

Deur Lungani Zungu

Die wedloop om vier vakante wyke in vandag se tussenverkiesings in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap is witwarm.  

Twee onafhanklike kandidate en 18 aanspraakmakers van tien politieke partye skiet vir die eerste prys: volle beheer oor die vakante wyke.

Die ANC – wat deurslaggewende wyke in die onlangse tussenverkiesings aan die IFP afgestaan het – veg om wyk 4 in Mtubatuba se Plaaslike Munisipaliteit te herwin. Die wyk het vakant geraak nadat die ANC-raadslid Ndumiso Zuma in November bedank het.

So kwaai was die tussenverkiesing in daardie wyk dat die ANC die IFP gister daarvan beskuldig het dat hulle tydens die spesiale stemming probeer het om ’n bejaarde vrou se stem te werf.

The ANC se Mandla Kunene staan teen Kenneth Mngadi van die EFF, die IFP se Ntokozo Mtimkhulu, en Thokozani Zungu van die Verenigde Christen Demokrasie-Party.

Die kieseropkoms was 40.44% in 2021 se munisipale verkiesings.

Nog ’n bloedige geveg word in wyk 31 in Newcastle se Munisipaliteit verwag, waar Team Sugar South Africa spiere gebult het om beheer te behou, onder meer deur inwoners met geskenke toe te gooi.

Dubbelbeddens, mikrogolfoonde, yskaste en stowe was onder die geskenke was TSSA se leier, Musa “Shukela” Thwala, voor vandag se stemmery weggegee het.

Die uitslag van wyk 31 sal bepaal of ’n koalisie tussse die ANC en die IFP, of een tussen die IFP en TSSA, die munisipaliteit sal lei.

Die tussenverkiesing is uitgeroep na die dood van die TSSA-raadslid Nokusa “Mroza” Khumalo in November.

Die IFP en TSSA steun Sindisiwe Mashazi van TSSA, eerder as die IFP se kandidaat, Mxolisi Mkhwanazi, nadat die twee partye ’n ooreenkoms aangegaan het.

’n Onafhanklike kandidaat, Nkosingiphile Shabalala; die ANC se Nkosinathi Vilane; en Linda Mnguni van die EFF ding ook mee.

Wyk 6 in the Wes-Kaapse Cederberg Munisipaliteit is een van vandag se ander veldslae.

Die kandidate is Andre Mouton van Cederberg se Eerste Inwoners-Vereniging, wat in beheer was voordat hulle raadslid bedank het.

Die ANC se Paul Wynand, Marlene Zass van die EFF, en Thomas Francois Waldeck van die Patriotic Alliance het almal ’n oog op die wyk.

Die laaste tussenverkiesing is in wyk 5 van die Kaap Agulhas se Munisipaliteit. Die DA was in beheer van die wyk, maar het ’n vakature geskep deur hulle raadslid uit die party te skop.

In die foto hierbo: Stemlokale berei voor op die tussenverkiesings in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap

Fotobron: OVK