Deur Thathe Msimango
Suid-Afrikaanse padhardloop-atlete se gebede word stadig maar seker verhoor.
Verlede week het organiseerders van die Durban Internasionale Marathon ‘n media-inligtingsessie aangebied om die gereedheidstoestand vir die derde jaarlikse 42 km-wedloop rondom Durban bekend te stel, om saam te val met die 30 dae-aftelling tot die geleentheid.
Die wedren gebeur op 12 Maart en skop af by Isipingo Toyota, met sy eindstreep buite Moses Mabhida Stadion.
Die geleentheid wys ‘n paar van die stad se landmerke af, van industriële gebiede tot die hawe, Ushaka Marine World, die Strand Promenade en Virginia Lughawe.
Die wenlint word aangevul deur prysgeld sowel as ‘n tros sappige pryse vir dié atlete wat die roete binne ‘n sekere tydsraam voltooi.
Daar was groot ongelukkigheid oor die feit dat atletiek in SA nie ‘n sport is waar mededingers ordentlik beloon word nie, aangesien wedlope nie ordentlike prysgeld aanbied nie.
Durban International bied R50,000 aan in beide die mans- en vrouekategorieë.
Aangesien die wedloop met die Atletiek Suid-Afrika (ASA) marathonkampioenskappe saamwerk, het die federasie R25,000 bygevoeg vir die eerste Suid-Afrikaner wat die wenstreep oorsteek in beide die mans- en vroueafdelings.
ASA het R100,000 bygevoeg vir enige land se manlike of vroulike atlete wat die nasionale marathonrekord verbeter.
Die SA manlike marathonrekord staan al vir 23 jaar sedert Gert Thys se skouspelagtige poging van 2:06:33, toe hy die 1999 Tokio Marathon in Japan gewen het.
Gerda Steyn die vrouerekordhouer met ‘n puik tyd van 2:25:28.
Daarbenewens het organiseerders aangekondig dat hulle $10,000 (sowat R170,000) opsy gesit het vir die eerste man en vrou wat die 2024 Olimpiese marathon standaard kwalifiserende tyd kan hardloop.
Min wedlope in die land bied meer as hierdie bedrag aan, en nou is die bal in atlete se hande om te bepaal wie met die skatkis gaan huiskry.
Prysgeld vir die Comrades Marathon is R320,000 vir die wenner; Two Oceans, Kaapstad Marathon en Soweto Marathon het elk prysgeld van R250,000 vir die wenner, en die Prince Mangosuthu 52km bied R100,000 aan vir hul kampioen.
Suid-Afrika spog met meer as 300 wedlope per jaar, maar die meerderheid van atlete is afhanklik van die prysgeld om te oorleef. Dit is dus ‘n jammerte dat die wennersbeursie normaalweg maar dun is. Kom ons hoop meer wedren-organiseerders volg in die voetspore van Durban International om mededingende pryse aan wenners te gee.
Op die foto hierbo: Die Durban Internasionale Marathon
Fotobron: Webtickets