Deur Buziwe Nocuze
Inwoners van Lower Crossroads in Kaapstad sê vandat nuwe spoedwalle aangebring is, het hul paaie selfs gevaarliker geword.
Hulle sê die spoedwalle bied aan misdadigers ‘n gulde geleentheid om op die vertraagde voertuie toe te slaan.
Die bestuurder van ‘n Avanza, Msindisi Gumede, is onlangs met ‘n vuurwapen gedreig in dieselfde area, en saam met die passasiers van sy taxi beroof.
Ander motoriste het aan Scrolla.Africa gesê die Stad Kaapstad moes liefs probleme soos rioolgate remaak, pleks van om die spoedwalle te installeer.
Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir stedelike mobiliteit, Rob Quintas, beweer egter dat die spoedwalle namens die gemeenskap aangevra is deur hul wyksraadslid. Hy sê dit is gebou om voetgangers, veral skoolkinders, te beskerm.
“Ironies genoeg is die spoedwal in Ngqwangi amper oorkant Philippi-Oos Polisiestasie, en mens sou aanvaar dat die blote teenwoordigheid van polisiebeamptes in die nabyheid as misdaadvoorkomingsmaatreël dien,” het hy gesê.
In ‘n gebied met ‘n hoë koers van rooftogte was daar geen behoefte aan spoedwalle nie, het een inwoner gesê.
“Misdadigers het dit so maklik. Die Stad speel ‘n rol daarin om van ons slagoffers te maak. Ek word kwaad elke keer as ek daar verbyry,” het hy gesê.
Sommige inwoners, soos Zimbini Ntlangulana, is egter bly oor wat die Stad gedoen het: “Avanza-bestuurders jaag altyd teen ‘n hoë spoed, en kan enige tyd ons kinders omry.”
‘n Bykomende spoedwal is aangebring naby Makukhanye Educare, en nog een noord van Kwa-Faku Laerskool langs die Ngqwangi-pad, om kwesbare voetgangers soos leerders teen voertuie te beskerm.
Op die foto hierbo: Avanza-bestuurders en motoriste het nie ‘n behoefte aan die spoedwalle wat die Stad onlangs gebou het nie
Fotobron: Buziwe Nocuze