Deur Linda Ximba
Aspirant-musikante het verlede week die hartseer nuus ontvang dat Idols SA tot ‘n einde gaan kom. Die 19de seisoen wat vanjaar uitgesaai word, sal die laaste een wees.
Khaya Mthethwa, ‘n wenner in 2012, het gesê hy sal dit altyd aan die kompetisie verskuldig wees dat dit soveel deure vir hom oopgemaak het.
“Dit het my lewe heeltemal verander. Wanneer dit gebeur, weet jy nooit wat alles daarmee sal saamgaan nie, maar 10 jaar later is ek dankbaar dat ek die geleentheid gekry het om verskeie TV-programme aan te bied en te regisseer, aan The Lion King te werk en deur die wêreld te reis,” aldus die Durban-gebore ster.
Mthethwa het verskyn op SABC 1 en Mzansi Magic en het vyf jaar lank saam met Thami Ngubeni Metro FM se The Sacred Space op Sondae aangebied. Verlede jaar het hy by Kaya FM aangesluit.
Die Qwabe-tweeling van Durban, Viggy en Virginia, het nie die gesogte prys gewen toe hulle in 2019 vir die kompetisie ingeskryf het nie, maar het kykers se harte gesteel.
Virginia Qwabe het gesê. “Die program het ons lewenstyl verander en ons gesin leef gemaklik weens die blootstelling wat Idols ons gegee het. Behalwe om onder die Afrotainment-vaandel saam met die legendariese DJ Tira te werk, het ons ‘n rolle vertolk in Pastoor Mjosty se fliek 731 Nina Street. Dit is hartseer dat dit als nou verby is.”
Mmatema Moremi het aan die 2015-uitgawe deelgeneem en het ook nie gewen nie.
“Maar die blootstelling wat dit my gegee het, het baie deure oopgemaak. Ek werk sedert 2018 as aanbieder op Gospel Unplugged op SABC 2. Ek het ook ondersteunende rolle op Rhythm City en Bone of My Bones losgeslaan.”
Op die foto hierbo: Khaya Mthethwa
Fotobron: Idols SA