Kinders so jonk soos nege bel selfmoord-hulpnommers

Deur Lungi Langa

Onderwyl die land hierdie week op die voorkoming van tienerselfmoord  fokus, het die Suid-Afrikaanse Depressie en Angstigheid-Groep gewaarsku  dalk hulle hulpkrete van baie jong kinders aanhoor.

Die groep se Bedryfsdirekteur, Cassey Chambers, sê hulle ontvang oproepe van kinders so jonk as nege wat hulle eie lewens wil neem.

Sy het gesê hulle ontvang versoeke van onderwysers, skole en ouers om kinders in laerskole by te staan.

 “Volgens die jongste syfers is selfmoord verantwoordelik vir een uit elke tien tienersterftes.

“Tot 20% van hoërskool-leerders het al probeer om hulle lewens te beëindig,” het Chambers gesê. Die jongste kind wat so gesterf het waarvan die groep bewus is, is ’n seuntjie van ses.

Daar is meer tienermeisies as seuns wat hulleself om die lewe probeer bring. Die seuns gebruik meer gewelddadige metodes.

Die afgelope ruk was daar landwyd verskeie tienerselfmoorde. In ’n onlangse tragedie het ’n 16-jarige graadnege-leerder haarself na skool aan haar skooldas opgehang, nadat sy gespot is oor haar voorkoms.

Die belangrikheid van gesprek

Zamo Mbele, ondervoorsitter van Sadag se direksie en ’n kliniese sielkundige, sê dis belangrik dat ouers en tieners met kinders oor selfmoord praat.

“Navorsing toon aan dat gesprekke oor selfmoord met jongmense hulle nie aanpor om dit te oorweeg nie. Inteendeel, die gevaar is om nié daaroor te praat. Dit kan selfmoordgedagtes in dade omsit,” sê Mbele.

Chambers sê navrae oor geestesgesondheid kan enige tyd gedoen word, en hoef nie tot ernstige gesinsgesprekke beperk te wees nie.

“Jy kan enige tyd by ’n tiener hoor hoe dit met hulle gaan. Normaliseer dit deur dit in gewone gesprekke te bespreek; terwyl julle skool toe ry, of kosmaak, of toustaan, of buite gaan stap.”

Wat om vir ’n tiener te sê en NIE te sê nie:

Wat om NIE te sê nie:

  • “Dink positief.”
  • “Ruk jouself reg en kyk vorentoe.”
  • “Skud dit af.”
  • “Moenie daaraan dink nie.”
  • “Dis alles in jou kop.”
  • “Kry oefening. Dit sal jou beter laat voel.”
  • “Jy het so baie om voor dankbaar te wees. Daar is ander wat veel minder het.”

Wat om te sê:

  • “Ek sal hier wees om jou te ondersteun.”
  • “Ek weet nie presies hoe jy voel nie, maar ek is hier vir jou.”
  • “Ek gee om vir jou en ek wil jou help. Wat kan ek vir jou doen?”
  • “Ek is jammer jy moet hierdeur gaan. Jy is nie alleen nie.”
  • “Hoe kan ek jou vandag beter ondersteun?”
  • “Ek kan dink dit laat jou bang en oorweldig voel. Ek is hier en ek wil jou help.”

In die foto hierbo: Gesinne word aangemoedig om gereeld na tieners se geestesgesondheid om te sien

Fotobron: