Deur Buziwe Nocuze
Inwoners van KTC infomele nedersetting in Kaapstad is dakloos nadat ’n brand Saterdagaand hulle hutte verwoes het.
Die raaiselagtige brand het agter ’n matras ontstaan wat regop teen ’n muur laat staan is om plek te maak vir besoekers ná die begrafnis van ’n 55-jarige vrou wat in haar slaap dood is.
Net die huisgesin was nog in die hut toe iemand die brand sien en dit met ’n emmer water probeer uitsit.
Maar die vuur was te sterk en het vinnig deur KTC versprei, en teen die tyd dat dit geblus kon word, was 100 mense dakloos.
Sylvia Mgutywa was uithuisig vir twee minute toe die brand uitbreek.
“Ek was ’n vriend se hut toe ek huis toe geroep is,” het Sylvia gesê.
DIt was te laat. Sy kon nie haar besittings red nie. Omstanders het vir haar gesê die brand het agter ’n matras in ’n nabygeleë hut uitgebreek.
“Almal in die hut het die brand gesien, maar dit was buite beheer,” het sy gesê.
“Dit was nie ’n gewone brand nie. As dit was, sou hulle dit kon blus voordat dit ons hutte beskadig het. Toe mense dit probeer blus, het dit erger geraak.”
Sy sê niemand pak die skuld op die gesin nie.
“Ons weet hierdie dinge gebeur. Niemand kan ’n bose brand beheer nie.”
Toe Scrolla.Africa Sondag die toneel besoek het, was inwoners besig om hulle hutte te herbou, met die beskadigde boumateriaal.
Gift of the Givers het toiletware, water en kos voorsien.
“Ons waardeer die steun van Gift of the Givers. Ons het nie geweet wat ons gaan eet nie. Ons het alles verloor,” het Sylvia gesê.
Die raadslid vir Wyk 38, Suzan Zumane, het sesuur die aand by die toneel opgedaag nadat sy van die brand verneem het.
“Die brand was klaar sterk en buite beheer,” het sy gesê.
“Dit het my hart gebreek om mens te sien huil oor hulle hutte en besittings.”
In die foto hierbo: Inwoners van KTC in Kaapstad is dakloos gelaat deur ’n brand
Fotobron: Buziwe Nocuze