Tot die mag van oranje: Oos-Kaap tops in eerste SA20

Deur Razeen Gutta

Sunrisers Eastern Cape het die Pretoria Capitals met vier paaltjies in die SA20-eindstryd geklop. Die vuurwerke by Wanderers was ‘n gepaste viering om ‘n puik eerste seisoen af te sluit.

Nadat hulle net-net na die uitklopfase deurgedring het, het Aiden Markram se span die beste vir laaste gelos. Die Oos-Kapenaars het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen – en al 10 paaltjies geneem om die Capitals tot ‘n telling van net 135 te beperk.

Roelof van der Merwe was katjie van die boulerbaan en het 4/31 in sy vier boulbeurte geneem. Kusal Mendis was die enigste kolwer wat 20 verby kon steek het vir Pretoria, wat glad nie gelyk het soos dieselde span wat die ligafase gehaal het met sewe oorwinnings in 10 wedstryde nie.

Die Sunrisers het deurentyd gelyk of hulle die jaagtog geniet, met Adam Rossington wat 57 van 30 bo-aan die rangorde behaal het.

Sewe maksimums in die tweede beurt was ‘n aangename verrassing vir die Bull Ring-skare, met Marco Jansen wat ook die doodsniklopies met ‘n ses ingevryf het. Die stryd is gewen met vier paaltjies en 22 balle oor.

Top speler van die dag Van der Merwe het ná die wedstryd gesê die span het gemaklik begin saamspeel op presies die regte oomblik.

“Absoluut verjeug. Ek is uitgeput, ek is moeg. Die ouens het vandag ‘n ongelooflike wedstryd gespeel. So gelukkig. Die span het na ‘n ruk samehorigheid gevind, ons het mekaar beter leer ken. Dit is wonderlik om vandag hier by Wanderers te wen,” het hy gesê.

Op die foto hierbo: Sunrisers Eastern Cape

Fotobron: @SACricketmag