‘Onvrugbare’ vrou eis dat hospitaal na haar baba omsien

Deur Buziwe Nocuze

’n Vrou van Khayelitsha wat ná die moeilike geboorte van haar vierde kind ’n buisbinding by die distrikhospitaal aangevra het om haar onvrugbaar te maak, het laasjaar weer swanger geraak.

Sy eis nou dat die hospitaal verantwoordelikheid vir die kind aanvaar.

“Ek is agt maande swanger,” het die 36-jarige vrou gesê, “en ek verwag van hulle om na die kind om te sien.”

Sy was laasjaar geskok toe sy hoor sy is weer swanger. “Ek het letterlik flougeval toe ’n verpleegster dit vir my sê. Ek het genoeg kinders. Al die geboortes was moeilik. Ek gaan nie my lewe in gevaar stel nie.”

Abulele Dyasi, segspersoon vir die Khayelitsha Distrikhospitaal, sê die pasiënt het voor en na die prosedure berading ontvang, en sy het geweet daar was ’n moontlikheid dat sy kon swanger raak.

“Omtrent een uit 200 vrou wat hulle buise laat bind raak swanger. Ons moedig vroue aan om vir dubbele beskerming kondome of voorbehoedmiddels te gebruik om ongewenste swangerskap te vermy.”

In die foto hierbo: ’n Swanger vrou wil hê die Khayelitsha District moet na haar baba omsien ná ’n mislukte buisbinding

Fotobron: Buziwe Nocuze