Nelson Mandelabaai mag teen Julie kurkdroog wees

Deur Anita Dangazele

Nelson Mandelabaai Mmunisipaliteit het inwoners Donderdag gewaarsku dat wateronderbrekings hul voorland kan wees.

Voortdurende droogte teister die gebied, wat die stad se watervoorsieningskaal die laagtes injaag. Die munisipaliteit voorspel dat die stad teen Julie vanjaar sonder water mag wees.

NMB burgemeester Retief Odendaal sê die metro sal dan gedwing word om ‘n beurtwaterstelsel te implementeer.

“Met geen noemenswaardige reënval nie, sal ons dalk op gedwonge noodvoorsiening vir basiese water moet oorweeg. Dit behels die besnoeiing van residensiële retikulasievoorsiening en die gebruik van versamelpunte en Jojo-tenks. Dit is die harde werklikheid wat ons in die gesig staar,” het hy gesê.

Scrolla.Africa het met bek-af JMB-inwoners gesels, wat gesê het dit is teleurstellend omdat hulle reeds met elektrisiteitsbeurtkrag opgeskeep sit.

Baaise inwoner Ricardo Daniels het gesê: “Ons probeer beurtkrag hanteer en nou wil hulle waterbeurtkrag instel? Dis mos geen manier om te lewe nie.”

Nog ‘n gefrustreerde inwoner, Nomthandazo Mosi, het gesê: “Ons is aangeraai om ons hande te was tydens Covid. Hoe is ons veronderstel om dit nou te doen? Is die pandemie al verby? Dit is pandemie op pandemie (verwysende na water en kragonderbrekings).

‘n Verduideliking van die manier waarop die waterbeurtkragplan sal werk, is voorsien deur die Waarnemende Uitvoerende Direkteur van Infrastruktuur en Ingenieurswese, Joseph Tsatsire.

“Ons oorweeg nou om wat ons ‘n noodkontinuïteitsplan noem te implementeer, waardeur ons sekere van die residensiële verbruikers gaan afsny en hulle weliswaar dwing om water op te tel by versamelpunte of watertenkwaens,” het hy gesê.

“Dit is natuurlik nie ‘n konvensionele manier om water aan inwoners te verskaf nie, maar ons is op ‘n punt waar ons net 230 megaliter (ML) gekry het van die betroubare Gariep [dam] bron.

“Vergelyk dit met die 286 ML wat ons tans verbruik,  en dis duidelik dat met hierdie tekort ons nie sal voorbly sonder om sommige van die inwoners van ons retikulasie-netwerk af te sny nie.”

Die NMB-raad het verlede week R120 miljoen goedgekeur om die metro se droogteversagtingsplanne te versnel, wat die bou van boorgate in strategiese gebiede in die stad sal insluit.

Op die foto hierbo: Nelson Mandelabaai se Impofu-dam het in onbruik verval.

Fotobron: NMBM Facebook-blad