Deur Zukile Majova
President Cyril Ramaphosa het gesê hy gaan ’n Minister van Elekrisiteit aanwys. Dit het meer verwarring oor die politieke beheer in die energie-sektor gesaai.
In sy staatsrede Donderdagaand by die Kaapstadse Stadsaal het Ramaphosa ook ’n Nasionale Ramptoestand oor die energiekrisis verklaar.
“Om die uitdagings wat ons in die gesig staar meer doeltreffend en dringend aan te spreek, sal ek ’n Minister van Elektrisiteit in die Presidensie aanwys om volle verantwoordelikheid oor te neem vir die toesig van ons reaksie op die krisis. Dit sluit die werk van die Nasionale Energiekrisis-komitee in.
“Die Minister sal voltyds hierop fokus en met Eskom se direksie en bestuur saamwerk op beurtkrag te beëindig en te verseker dat die Energie-Aksieplan sonder versuim in werking gestel word.”
Die Auditeur-Generaal sal na verwagting met die Minister van Elektrisiteit saamwerk om grootskeepse plundery van staatsbronne tydens die ramptoestand te vermy.
Suid-Afrika het ’n inspuiting van $8,5 miljard ontvang sodat die land in die toekoms minder afhanklik van steenkool as energiebron kan wees, en meer van hernubare bronne gebruik kan maak.
Maar ’n magstryd tussen die Minister van Minerale en Energiesake, Gwede Mantashe, en die Minister van Openbare Onderneming, Pravin Gordhan, is ’n stok in die wiel.
Gordhan het ongewild geraak oor sy vasbeslotenheid om Eskom te ontbondel en party van die kragvoorsiener se funksies te privatiseer. Dit kan sommige van Eskom se 40 000 werkers raak.
Ramaphosa het dit duidelik gestel dat die Minister van Openbare Onderneming die aandeelhouer-verteenwoordiger by Eskom bly, en die implementering van die Regmatige Energie-Oorgangsraamwerk sal bestuur.
Na verwagting sal Mantashe aanhou veg om steenkool-kragstasies te herstel en as vernaaste kragbron te gebruik.
Hy het die steun van die hele ANC se nasionale uitvoerende komitee en die drieledige alliansie, wat die Mpumalanga steenkoolrif en Cosatu-vakbondlede in die sektor wil beskerm .
Om die mikpunte van die Nasionale Ramptoestand af te skop, het Ramaphosa gesê die Nasionale Tesourie sal Eskom se skuld van R400 miljard oorneem en toekomstige lenings aan die kragleweraar verseker.
“Die regering sal Eskom steun om addisionele befondsing vir die aankoop van diesel vir die res van die finansiële jaar te verseker. Dit behoort die gevolge van beurtkrag te verminder, aangesien Eskom dieselaanlegte kan gebruik wanneer die stelsel onder druk is.”
Eskom koop oombliklik meer as 300MW se elektrisitet van buurlande.
Ander stappe sluit in:
- Die verskaffing van sonpanele
- Private ontwikkelaars sal toegelaat word om energie op te wek
- Die skep van 100 groen-energie-projekte om meer as 9 000MW kapasiteit by te voeg
- Nuwe projekte in die private sektor, wat 2 800MW sal lewer
- Nuwe substations in die Ooskaap, Noordkaap en Weskaap.
In die foto hierbo: President Cyril Ramaphosa voor sy staatsrede
Fotobron: @Athe Geleba