Aiden klits Jozi se ligte uit

Korrespondent

Van die voorspelde donderstorm oor Centurion het daar toe niks gekom nie. Pleks daarvan het Aiden Markram sesse op SuperSportpark laat reën en Sunrisers Eastern Cape tot in Saterdag se eindstryd van die eerste SA20-toernooi op die Wanderes in Johannesburg geklits.

So, dis koebaai aan die Joburg Super Kings se gloriedrome. SEC speel Saterdag teen Pretoria Capitals, wat Paarl Royals Woensdag terug Boland toe gestuur het.

Markram, wat ook kaptein is, se koeëlronde 100 sal onthou word as die wentelling. Moet dit nie te hardop sê nie, maar die eintlike superheld was die 22-jarige Jordan Cox, wat in Engeland gewerf is vir die SA20.

Sy 18 van 6 balle het die Sunrisers by ’n allemintige 213/5 laat draai. Reeza Hendricks se briljante 96 vir Joburg (199/6) was tevergeefs.

Die armer JSK-snelbouler Gerald Coetzee sal seker nooit SEC se laaste boulbeurt vergeet nie. Hy is vir 27 lopies gemelk – en sy span waarskynlik die wedstryd gekos.

JSK se kaptein, Faf du Plessis het ook nie gisteraand lekker geslaap. Hy het die meeste lopies in die kompeties geslaan, maar is vir die tweede keer in ’n ry van die eerste bal uit.

In die foto hierbo: Aiden Markram trek los

Fotobron: SA Cricket Mag