Deur Zukile Majova
Die gewapende magte maak nie grappies nie: as jy jou hommeltuig koester, hou hom vandag weg van die parlementêre gebied.
Die lugruim binne ’n radius van drie kilometer van Kaapstad se stadsaal is vandag en vanaand verbode gebied, voor, tydens en ná President Cyril Ramaphosa se staatsrede.
Brigadier Athlenda Mathe van die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Inligtingstruktuur het gesê die verbod geld ook tydens die Parlementêre Debat en die Presidensiële Repliek wat van 14 tot 16 Februarie plaasvind, en die Begrotingstoespraak op 22 Februarie.
“Die Burgerlike Lugvaartgesag se verbod geld op dié dae van 13:00 tot 00:00,” luidens ’n verklaring. “Slegs die Suid-Afrikaanse Lugmag het toestemming om die lugruim te gebruik. Let daarop dat hommeltuie streng verbode is.”
Moderne hommeltuie word gebruik vir spioenasie, terreuraanvalle en oorlogvoering, onder meer met biochemiese wapens.
Die Parlementsekretaris, Xolile George, het gesê Kaapstad, in medewerking met Eskom, sal verseker dat die staatsrede nie deur beurtkrag in die wiele gery word nie.
Nagenoeg R8 miljard is vir dié feestelikhede begroot.
In die foto hierbo: Die Suid-Afrikaanse Gewapende Magte ontplooi vir die Staatsrede
Fotobron: @ParliamentofRSA