Deur Buziwe Nocuze
Sommige Wes-Kaapse ouers kla oor onderwysers wat so onvanpas aangetrek is dat hul bloedjies nie op hul lesse kan konsentreer nie.
Maar die onderwysers hou voet by stuk hul gaan hulself aanhou uitvat en optof.
Een onderwyser, wat anoniem wou bly, voel dat die ouers hulle afknou.
“Hulle het nou te ver gegaan. Wat ons skool toe aantrek, het niks met hulle te doen nie. Leerders wat by hul ouers kla oor die onderwyser se klere moet liefs op hul studies konsentreer.
“Leerders respekteer ons nie as gevolg van die gesprekke met hul ouers,” het die onderwyser gesê.
“Ons kan nie so geboelie word nie, en hul kinders moet ophou fokus op wat ons dra; hulle moet hul energie op hul studies spandeer.”
Die onderwyser het gesê hulle trek miskien nie aan asof hulle kerk toe gaan nie, maar hou wel tred met modes van die dag.
“Ons is jonk en volg modeneigings, maar dit beteken nie dat ons kortbroekies en rompies by die skool dra nie – ons respekteer ons werk,” het die onderwyser bygevoeg.
Ouer Ziphozethu Dodwana stem saam met die onderwysers.
“Ons kan nie beheer wat onderwysers aantrek nie,” het Dodwana gesê.
“Onderwysers moet dra net wat hulle wil en vergeet van boelies. Hulle het hard gewerk om te verseker dat hulle gekom het waar hulle vandag is.”
‘n Ander ouer, Andile Plaati, sit aan die draad se anderkant. Hy het gesê hy sal nooit onderwysers ondersteun wat stywe jeans dra by die skool nie.
“Jeans wys hul kurwes af. Dit alleen lei ons kinders se aandag af,” het hy gesê.
Hy wil eerder hê dat die onderwysdepartement ‘n kleredragkode vir onderwysers moet instel.
Millicent Merton, woordvoerder van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, het gesê daar is tans geen amptelike nasionale of provinsiale kleredragkode vir opvoeders nie.
“Die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders se Kode van Professionele Etiek bepaal dat ‘n opvoeder op ‘n behoorlike en betaamlike wyse moet optree sodat hul gedrag nie die onderwysamp in oneer bring nie,” het Merton gesê.
Lulu Menziwa is nie net ‘n onderwyser nie, maar ook ‘n gesondheidsafrigter en entrepreneur. Haar glansryke, nousluitende uitrustings en aantreklike voorkoms het daartoe gelei dat sy as “Suid-Afrika se sexyste onderwyser” beskryf is.
Op die foto hierbo: Lulu Menziwa gee klas entoesiastiese leerders
Fotobron: @AdvoBarryRoux