Deur Lungani Zungu
Knellende armoede, korrupsie wat buite beheer is, en die energiekrisis is die vernaamste probleme wat President Cyril Ramaphosa Donderdag in sy staatsrede moet aanspreek.
Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het gesê sekuriteit sal streng toegepas word buite Kaapstad se stadsaal, voor en tydens die staatsrede.
Dit is die tweede jaar dat die staatsrede buite die parlement gehou moet word, nadat ’n brand dié historiese gebou in Januarie verlede jaar in puin gelê het.
“Ons sal moontlike ontwrigting ferm hanteer. Ons werk is om te verseker dat die staatsrede gladweg verloop,” het Amos Masondo, voorsitter van die Nasionale Raad vir Provinsies, gesê.
Die EFF en die African Transformation Movement het gedreig dat hulle die staatsrede gaan ontwrig.
Die National Freedom Party het Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy Suid-Afrika nie van armoede kon bevry nie, en geëis dat hy bedank eerder as om die rede te lewer.
Mapisa-Nqakula het gesê hulle verwag 263 gaste, wat die voormalige president Thabo Mbeki, voormalige speaker Baleka Mbete, en Hoofregter Raymond Zondo insluit.
Dit sal die eerste keer sedert 2020 wees dat die rede in die vlees gelewer word. Sedertdien is dit virtueel aangebied.
Nadat Ramaphosa in 2018 by Jacob Zuma as staatshoof oorgeneem het, het hy telkens beloof om korrupsie uit te roei, om te verseker dat Eskom die ligte aanhou, en om werk te verskaf.
Ses jaar later gaan die land by tye onder Fase 6 beurtkrag gebuk, en werkloosheid het in 2021 op ’n ongeewenaarde 35,3% gestaan. Dit het laasjaar tot 32,9% gedaal, maar miljoene –gegradueerdes insluit – bly werkloos.
Soos gewoonlik het die DA-leier, John Steenhuisen, die “Ware staatsrede” (volgens hom) Dinsdag gelewer.
Hy het by Suid-Afrikaners gepleit om die ANC uit te stem in die volgende nasionale algemene verkiesing.
In die foto hierbo: President Cyril Ramaphosa
Fotobron: @MYANC