Punt in die wind op ‘n wolkekrabber, maar doodsprong wel voorkom

Deur Karabo Rammutla

Gimnasiumgangers het Sondag noodgedwonge deelgeword van ‘n dramatiese voorval, toe ‘n kaal man die dak van die Virgin Active-gimnasiumgebou in Pretoria-sentraal bestyg het.

Verbygangers het diegene wat besig was met hul daaglikse oefensessies in kennis gestel dat ‘n man, wat nie genoem is nie, bo-op die gebou was – en dat hy dreig om te spring.

Percy Kekana, wat by die gimnasium teenwoordig was, het gesê die man het gelyk of hy dronk of onder die invloed van dwelms was.

“Terwyl daar op nooddienste gewag is, het mense hom bly smeek om nie na sy dood te spring nie.

“Hy het ‘n leë bierbottel gegryp, dit gebreek en gedreig om homself daarmee te steek as die skare aanhou smeek dat hy homself nie om die lewe bring nie,” het Kekana gesê.

Die man is afgebeeld deur ooggetuies terwyl hy aan die gebou se dakrelings vasgeklou het. Hy kon enige oomblik sy greep verloor en na sy dood tuimel.

Kekana het gesê nooddienste was blitsvinnig op die toneel.

Ooggetuie Busi Khoza sê die episode het haar getraumatiseerd gelaat: “Ek was by my kinders en die hele voorval het ons geruk. Ek het hard probeer om te keer dat my twee kinders die man opmerk, maar dit was chaoties en hulle het hom wel gesien.”

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het gesê hulle het op die voorval gereageer en ‘n naakte man wat vermoedelik onder die invloed van dwelms was, op die dak gevind. Hy het gedreig om homself met ‘n gebreekte bottel te steek as iemand naby hom sou kom.

“Een van die nooddienste se brandbestryders het ná 7nm daarin geslaag om die man te oortuig om van die dak af te klim. Hy is aan die polisie oorhandig,” het hy gesê.

Op die foto hierbo: Tshwane-nooddienste het ‘n naakte man oortuig om nie van ‘n hoë gebou se dak af te spring nie

Fotobron: Tshwane-nooddienste