Onderwyser vas ná moord op karwagte

Deur Everson Luhanga

Vier karwagte wat daarvan verdink is dat hulle buite ’n kroeg kopligte van karre af steel, is ontvoer, in ’n kar se kattebak geboender en na ’n oop veld geneem waar hulle deur vyf mans gemartel is.

Die voorval het op 22 Januarie gebeur. Twee van die slagoffers is dood.

Die polisie het laas Donderdag ’n verdagte, ’n onderwyser van Soweto, aangekeer by die skool waar hy werk en in boeie weggeneem. Hy het vandag in die landroshof in Orlando verskyn. Die saak is tot Vrydag uitgestel vir ’n formele borgaansoek.

Bronne naby die saak het aan Scrolla.Africa gesê vier ander verdagtes, ook onderwysers, kan spoedig aangekeer word.

Twee van die wagte is op die toneel dood en twee het oorleef om die gruwelverhaal te vertel.

Scrolla.Africa het met die pa van een van die verdagtes gepraat.

Mfanafuhi Mbanjwa, wie se seun Tshiditso Ramatlo vermoor is, het gesê sy seun was nie ’n dief nie, maar is soos ’n boef vermoor. Hy is gestenig en geskiet. Daar was ’n koeëlwond in sy kop.

 “Die mans wat hom aangeval het, het geen bewys gehad dat hy en sy vriende die ligte gesteel het nie. Die aanvallers het drie van die slagoffers na die oop veld geneem en daar afgelaai. Hulle het gedink almal is dood.

“Hulle het een van die slagoffers in die kar se kattebak vergeet en met hom weggery. Toe neem hulle hom terug na die plek waar hulle die ander drie afgelaai het.”

Polisie het die lyke van die slagoffers die oggend ná die voorval gevind.

In die foto hierbo: Orlando se landdroshof

Fotobron: Facebook