Deur Doreen Mokgolo
Leerders oraloor Gauteng sê hule gaan nie ’n voet in die skool sit voordat die verdagte in die moord op Shaun Mphela e borgaansoek geweier word nie.
Die leerders van verskeie skole in Tsakani, Duduza en Kwa-Thema in Ekurhuleni eis ook dat klagtes van rassediskriminasie ondersoek en opgelos word.
Maandagoggend is hoërskoolleerders verhinder om klas te loop en deur betogers gevra om by die protesaksie voor die Tsukani Landdroshof aan te sluit. ’n Skare het buite die hof saamgedrom tydens die moordverdagtes Kowah Pillay, 30, Ed Ted “Bino” Williams, 35, and Ameeruddin “Dino” Prince, 31 se borgaansoek.
Die protesaksie het Vrydag begin toe leerders buite hulle skole en voor die deur van een van die verdagtes betoog het.
Die aanklagtes spruit uit die mesmoord op die 17-jarige Mphela verlede Donderdag.
Mphela is na bewering vermoor omdat hy ingegryp het toe drie seuns ander leerders by die hoërskool in Geluksdal met pepersproei aangeval het.
Die oortreders het gewaarsku dat hulle na skool met Mphela sou afreken, en het glo ouer lede van ’n bende waaraan hulle behoort gevra om hom te pak.
Die verdagtes het na bewering buite die skool gewag en Mphela en sy vriende op pad na hulle huise aangeval.
Die The Pan Africanist Student Organisation (PASO) het gesê daar sal geen skool wees voordat leerders voor en na skool deursoek word nie. Dit moet voortduur totdat die situasie onder beheer is.
Rassewrywing heers ook by die skool waar die moord plaasgevind het, in ’n deel van Brakpan met merendeels bruin inwoners.
Baie van die skool se swart leerders, wat in ’n minderheid is, het gesê hulle loop daagliks deur onder erge rassediskriminasie.
PASO se sekretaris, Busisiwe Shezi, het gesê die organisasie eis ook dat die polisie ’n byeenkoms van belanghebbers reël, om die rassediskriminasie by die skool aan te spreek.
“Ons hoop is op die polisie, aangesien die Gautengse Onderwysdepartement leerders in die gebief aanmekaar in die steek laat. Ons is moeg daarvoor dat die departement en lede van die Gautengse uitvoerende raad hier modeparade kom hou.”
“Ons vertrou nie die politici nie, ons wil hê die polisie moet oorneem en die proses lei.”
Die formele borgaansoek is tot 15 Februarie uitgestel. Die verdagtes bly in aanhouding.
Steve Mabona, segspersoon vir die Gautengse Onderwysdepartement, het leerders aangemoedig om terug klas toe te gaan en die saak aan die polisie en die hof oor te laat. “Wegbly help niemand. Ons moedig ouers aan om vir hulle kinders te sê hulle moet teruggaan skool toe.
“Ons sal aanhou om sielkundige steun te verskaf aan leerlinge wat deur die voorval geraak is,” het hy gesê.
In die foto hierbo: Leerders betoog buite Tsakani landdroshof
Fotobron: Doreen Mokgolo