Deur Buziwe Nocuze
‘n Groep toonaangewende seuns by Hoërskool Mgezwa in Lusikisiki het in groot moeilikheid beland nadat hulle probeer het om hul vaal skooldrag ietwat op te fris.
Die vyf seuns het gedink hulle kan wegkom daarmee om die uniform se grys broeke meer styfpassed, soos skinny jeans, en korter te maak om hul enkels te ontbloot.
Die seuns sê die spoggerige voorkoms het die skool gehelp om tred te hou met moderne neigings, maar ongelukkig deel hul skoolhoof toe nie hierdie mening nie.
Skoolhoof Mzwandile Thutha het die leerders geskors vir hul fashionista-manewales!
Een van die geskorste leerlinge het gesê hulle dra die nou broeke om hul selfvertroue ‘n hupstoot te gee en kon nooit raai dat hul in die moeilikheid sou beland vir die naaiwerk nie.
Hulle is aangesê om hul ouers skooltoe te ontbied, of terug te keer skool toe met die regulasie grys broeke.
Thembalakhe Zintonga was geskok oor die skool se besluit en het gesê: “Ek het niks verkeerd gevind met die kinders nie; hulle was skoon. Die skool moet fokus op ernstiger sake as noupassende broeke.”
‘n Ander ouer het haar seun toegelaat om sy broek in te vat omdat hy gespot is.
“Hy was kwaad toe hy van die skool af teruggekom nadat sommige leerders vir hom gelag het omdat hy ‘n groot grys langbroek dra. Hy het my gevra het om dit in te vat en ek het ingestem.
“Die rede vir die invat van sy broek was vir my genoeg, ek sou nooit kon vermoed dat ek skool toe ontbied sou word of vir hom ‘n nuwe broek sou moes koop nie.” Ongelukkig het sy nie die fondse om die broek te vervang nie.
Sy sal geld moet leen om dit te koop, want haar seun se opvoeding is noodsaaklik. Sy wil nie hê hy moet agterbly in sy studies net as gevolg van ‘n modeneiging nie.
Malibongwe Mtima, Oos-Kaapse onderwyswoordvoerder, het ontken dat die leerders geskors is omdat hulle hul uniforms aangepas het.
“Hulle is huis toe gestuur om ander broeke aan te trek as wat hulle gedra het en terug te kom in die voorgeskrewe skooldrag.
“As die ouer nie geld het om ‘n uniform te koop nie, moet hulle saam met hul kinders skool toe kom om dit aan die skoolhoof en beheerliggaam te verduidelik. So verhoed ons dat leerders verskillende klere skool toe dra,” het hy gesê.
Op die foto hierbo: ‘n Groep skoolseuns sê hulle is uit die skool geskors omdat hulle die grys broeke van hul skooldrag verander het
Fotobron: Verskaf