Die wêreld se grootste optiese veselkabel, 2Africa, het Amanzimtoti, suid van Durban, bereik.
Die kabel, wat 45 000 km lank en nog onder konstruksie is, sal op die bodem van die Atlantiese en Indiese Oseane en die Rooisee en Middelandse See loop.
Dié historiese projek, wat in Mei 2022 begin is, sal optiese vesel internetkonneksis aan 33 lande voorsien. Agtien van hulle is in Afrika.
Die skip wat die kabels lê, is onlangs aan die kus naby Amanzimtoti bespeur, en het groot belangstelling by plaaslike inwoners ontlok.
Amanzimtoti is gekies as een van Suid-Afrika se landingspunte vir die kabel, wat daarvandaan 5km ver ondergronds sal loop na ’n verspreidingstasie.
2Africa is ’n multinasionale maatskappy wat gesamentlik deur telekommunikasie-reuse Facebook, MTN, Vodafone, China Mobile International en Telecom Egypt bedryf word.
Saamgestel deur Mashudu Mabila
In die foto hierbo: Die skip wat 2Africa se kabels lê, is aan die kus by Amanzimtoti bespeur
Fotobron: @eNCA