Twee kinders sterf van vergiftigde kos

Deur Tladi Moloi

Twee kinders van Platberg, Manyatseng in die Vrystaat is dood en drie ander veg om hulle lewens in die hospitaal nadat hulle vergiftigde kos geëet het.

Die kinders, wat nie almal verwant is aan mekaar nie,  het die kos na bewering laas Donderdag by een stel kinders se ma se gewese man gekry. Hulle het ondraaglike maagpyn ontwikkel.

Volgens die polisie het die verdagte die kos – rys, vleis en groente – in ’n plastiekhouer vir die kinders gegee.

Reabetswe Ntahane, 5, and Karabo Modise, 9, is dood kort nadat hulle die kos geëet het. Die ander is na ’n hospitaal in Bloemfontein geneem. Hulle toestand is onbekend.

Moleboheng Ntahane is drie van die slagoffers se tannie. Sy het aan Scrolla.Africa gesê die ander twee se ma is ’n vriendin van haar suster. Die twee ma’s het elkeen ’n kind aan die dood afgestaan.

“My suster is nog in die hospitaal by haar 16-jarige en sewejarige kinders, terwyl haar vriendin na haar driejarige kind omsien,” het sy gesê.

 Sy het gesê die familie is steeds stomgeslaan,

.

Mmako Mophiring, segspersoon vir die polisie in die Thabo Mofutsanyana Distrik, het gesê ’n geregtelike doodsondersoek is aangevra. Niemand was teen spertyd in hegtenis geneem nie.

“Die kos is vir ontleding gestuur, om vas te stel of dit vergiftig is,” het Mophiring gesê.

In die foto hierbo: Ladybrand in die Vrystaat

Fotobron: Twitter