Oshwin Andries sterf na voortydige hospitaalontslag

Deur Michael Madyira

Die Stellenbos FC verdediger en Suid-Afrika se O21-kaptein, Oshwin Andries, is dood ‘n week nadat hy die hospitaal verlaat het waar hy vir ‘n steekwond behandel is.

Die polisie in Kaapstad sê Andries is ontslaan, maar sy toestand het versleg voordat hy weer opgeneem is.

Andries het Saterdag in ‘n Kaapse hospitaal aan sy wonde beswyk.

Niemand is nog in hegtenis geneem na die noodlottige aanval op die sterspeler nie. Andries sou op 24 Februarie sy 20ste verjaarsdag vier.

“Hy is [Saterdag] in die hospitaal oorlede nadat sy familie hom na die hospitaal geneem het,” het Kaptein Nowonga Sukwana, woordvoerder van die SAPD Wes-Kaap, aan Scrolla.Africa gesê.

“Hy is vir ‘n steekwond behandel en ontslaan, en toe het sy familie hom teruggeneem hospitaal toe, waar hy oorlede is.

“Omstandighede rondom sy aanval word nog ondersoek. Niemand is nog gearresteer nie.”

Andries was nie deel van die Stellenbosch-groep wat na Gqeberha gereis het nie, vir ‘n Premier Sokkerliga-wedstryd teen Chippa United wat hulle Saterdag met 2-1 gewen het.

Hy het laas op 27 Januarie vir Stellies in die Cape Derby gespeel waar hulle tuis met 3-2 teen Cape Town City geseëvier het.

As kaptein van Suid-Afrika se O20 nasionale span het Andries sy PSL-debuut in Desember 2021 teen Baroka FC gemaak, met twee verskynings tydens sy eerste seisoen.

Hy het met rasse skrede tydens die huidige kwartaal verbeter, met ses begin-sessies in al nege wedstryde van die kompetisie.

Nadat hy in Augustus 2022 sy span help wen het teen Royal AM, het Andries die jongste puntemaker ooit geword vir die Kaapse Wynland-span. Die klub het sy afsterwe aangekondig.

“Dit is met diepe hartseer dat Stellenbosch FC verneem het van die ontydige heengaan van die belowende jong verdediger, Oshwin Andries,” het die klub in ‘n verklaring gesê.

“Die klub is nie in die posisie om verdere inligting te verskaf nie en vra dat sy gesin se privaatheid gerespekteer word in hierdie moeilike tyd van rou.

“Andries was ‘n begaafde jong sokkerspeler wat aan die SFC Akademie gegradueer het om sy professionele debuut op die ouderdom van 18 te maak.

“Sy teenwoordigheid, sowel op die veld as van die veld af, sal baie gemis word.”

Huldeblyke vir Andries het Sondag steeds ingestroom, met Pitso Mosimane wat onthul het dat hy die verdediger fyn dopgehou het.

Mosimane het glo selfs sy verkenners aangsê om ‘n arendsoog op Andries te hou.

Op die foto hierbo: Oshwin Andries

Fotobron: Twitter