Trusted SLK gaan kóók by Cotton Fest

Deur Khaya Ndaba

Sivuyisiwe Slinga – Trusted SLK vir haar fans – gooi kwaai attitude, of sy nou sing of dans of al twee gelyk, en sy gaan vandag kóók by Cotton Fest 2023.

Haar monster hit, “Uythetha”, is een van die warmste local tunes op YouTube, met meer as 27 000 hits, en die geraas gaan die dak by die Old Station in Newtown, Jozi, laat skud en skommel wanneer sy inswaai.

Sy was laasjaar die hot ticket by die Back To The City Festival én die SA-musiekweek.

Dié rapper uit die Oos-Kaap doen niks uit ’n boek nie. Sy maak soos sy smaak. Sy’t haarself geleer – op call centre headphones.

“Ek het myself record terwyl ek rap, en vir myself teruggespeel. Ek doen stuff of my eie manier. Dis rou en dis real, sonder klokkies en trieks. Dit begin met my gedagtes op ’n stuk papier,” het sy gesê.

Dis duidelik ’n ding wat werk. Volspoed, hoë-oktaan hip hop.

Slinga is enigste vroue rapper wat die Top 8 van SABC 1 se One Mic battle rap gehaal het. Sy was die ster van SportScene Put Me On National Challenge, en is genomineer vir die SA Hip Hop Awards 2022/23.

In die foto hierbo: Trusted SLK

Fotobron: @TheTrustedSLK