Warm ouma wil haar plooie op 90 wys

Selfs die dag as sy 90 en verrimpeld is, gaan Viktoria Winslow, ’n gesogte model op OnlyFans wat haarself “The Golden GILF” noem, aanhou om in gewaagde videos op te tree.

Sy is nou 57 en het meer as 200 000 fans op TikTok, maar dis nie al nie. Die ouma van Australië is ook op Instagram, waar sy gereeld witwarm foto’s van haarself in fyn onderkleertjies plaas. Terloops, GILF staan vir “Grannies I’d like to…” Ja, daai.

Winslow sê haar 24-jarige dogter Zoe, skepper van die warm foto’s en videos, is haar inspirasie.

Sy het by OnlyFans – waar mens ’n fooi betaal om die modelle van naderby te aanskou – aangesluit om haar uit ’n geldverknorsing te red.

Die oumatjie het aan Jam Press gesê sy is stomgeslaan deur haar gewildheid.

“Mans so jonk as 19 is ingeskryf. Daar is min warm oumas, en dit help,” het die bottel-blondine gesê. “Maar ek is nog steeds verbaas dat ek so in aanvraag is.”

Die Goue Oue is nog ver van aftree; solank as wat daar fans is wat van haar hou, gaan sy ’n diens lewer – kreukels en al.

Saamgestel deur by Mashudu Mabila

In die foto hierbo: Viktoria Winslow

Fotobron: @theglobe247