SEUNTJIE SIDDER IN KAS TERWYL BOSE OUPA SY OUMA DOODKAP

Deur Doreen Mokgolo

Vir 30 jaar moes Tinny Nkgudi elke soort mishandeling deur haar man verduur; Maandagoggend het hy haar blykbaar vermoor.

Toe, om te keer dat sy sewejarige kleinseun om hulp roep, het die verdagte hom in ‘n klerekas toegesluit en gedreig om hom dood te maak.

Daar word beweer dat die 53-jarige vir Tinny met ‘n panga en ‘n graaf aangerand het. Tydens die aanval is van haar tande en beide haar arms gebreek.

Later daardie dag het die oorledene se dogter, Carol Modjadji, bekommerd geraak toe sy die huis van buite gesluit gevind het met haar teruggekeer van haar nagskofwerk af.

“Ek het my ma probeer bel, maar haar foon was af. Ek was paniekerig en met behulp van my bure besluit om die hangslot te breek om toegang te verkry.

“Ek was bekommerd oor my seun se veiligheid en het dadelik na die slaapkamer toe gehardloop. Hy was sprakeloos van skok toe hy uit die klerekas uit spring,” het sy aan Scrolla.Africa gesê.

Carol het gesê haar seun het vir haar gesê sy oupa het sy ouma met ‘n graaf aangerand en gedreig om hom ook dood te maak.

“Ek het my ma gevind waar sy bewusteloos in ‘n plas van haar eie bloed lê. Sy is later deur paramedici dood verklaar,” het sy bygevoeg.

Carol het gesê sy het grootgeword met die vrees dat haar pa eendag haar ma sou vermoor.

Die gesin het ophou tel hoeveel beskermingsbevele haar ma teen haar pa gebring het.

Hy is in Mei gearresteer vir die aanranding van Tinny, maar is in September vrygelaat.

Carol het bygevoeg dat familie en vriende daarin geslaag het om haar ma te oortuig om hom in Oktober te laat terugkeur huistoe, denkende dat hy sy les geleer het. Maar net weke na sy terugkeer het hy haar weer begin mishandel.

Luitenant Kolonel Kelebogile Thepa, woordvoerder van die EMPD (Ekuruhleni Metro Polisie Departement), het gesê die verdagte is Maandag in hegtenis geneem ná ‘n wenk oor sy wegkruipplek.

“ʼn Selfoon wat aan die oorledene behoort is in sy besit gevind en hy het vrywillig die klere wat hy tydens die aanranding aangehad het, onder die bed uitgewys.

“Die verdagte is gearresteer en sal binnekort voor die Tsakane-landdroshof verskyn,” het sy gesê.

Op die foto hierbo: Tinny Nkgudi

Fotobron: Verskaf