Eiers is die hoofbestanddeel in Elias se wenresep

Deur Buziwe Nocuze

Elias Sopazi se pensioengeldjies is maar skraps. Pleks van kla, verkoop hy die afgelope vyf jaar eiers by die Vuyiseka sportterrein in Philippi, Kaapstad, sonder dat ’n haan daarna kraai. 

Die afgetrede pa van agt woon in die gebied, en het eiers begin verkoop om gate in sy begroting toe te stop tussen pensioen-uitbetalings. Hy wou nie geld leen nie, want hoe sou hy dit terugbetaal?

Hy verkoop 60 eiers per dag teen R1,50 elk. Sy wins help hom oorleef.

“Die eierverkope was ’n goeie besluit,” het hy aan Scrolla.Africa gesê. “Ons kry ons pensioen aan die begin van elke maand. Ek is dankbaar daarvoor, maar die kos wat ons daarmee koop, is nie genoeg vir ’n maand nie. Ek stres nie, want ek week ek kan dit aanvul.”

Hy het die stadion gekies vir sy verkope, omdat spelers honger is na ’n wedstryd. “Ek sien om na hulle en hulle ondersteuners. Soms is 60 eiers te min, maar ek bring nie meer nie, want ek wil nie met oorskiet sit nie,” sê hy.

In die foto hierbo: Eierverkoper Elias Sopazi

Fotobron: Buziwe Nocuze