Dokters ruk op teen vrotsige regering

Deur Lungi Langa

Meer as 1 000 dokters wat onlangs afstudeer het, het verlede week die strate ingestroom uit protes teen ’n dubbele misoes in die departement van gesondheid: Dokters kry nie werk nie en pasiënte kry nie hulp nie.

Dokter wat aan die SA Mediese Vereniging se vakbond behoort, het in KwaZulu-Natal, Gauteng en die Oos-Kaap protes aangeteken.

Die vakbond se algemende sekretaris, Cedric Sihlangu, het gesê hulle pleidooie by die departement val op dowe ore. “Die openbare gesondheidsdienste word oorweldig, en dit terwyl meer as 1 000 dokter by die huis sit.”

Hy het gesê hulle veg nie net vir die werklose dokters nie.

“Toegang tot mediese sorg is ’n basiese reg. Ons veg namens die armes en agtergeblewenes wat nie behoorlike mediese hulp kry nie.”

Die departement se houding is verstommend. Werklose dokters word aangesê om private praktyke te begin, of te skoert; die departement hoef hulle nie werk te gee nie.

Dr Ntokozo Maphanga, 33, is ’n jong werklose dokter wat instaan vir algemene praktisyns om te oorleef terwyl ander oor haar lot besin.

Sy sê sy sou nooit kon dink sy sou werkloos wees nadat sy haar studies voltooi het nie. Sy wou ’n diens lewer in die gemeenskap waar sy grootgeword het, en het gemeen dis waar dokters die meeste ervaring opdoen.

Maphanga, wat haar gemeenskapsdiens in Desember verlede jaar in Bizana voltooi het, sê sy weet daar is ’n tekort aan geld, maar dit lyk asof die departement min geskeel is.

“Daar is poste hier en daar, maar nie genoeg vir almal nie,” het sy gesê. “Waarheen gaan ons en op wie se skouers huil ons wanneer hulle sê daar is nie geld om ons te betaal nie?”

In die foto hierbo: Woedende dokters sit sonder werk terwyl armes pleit om mediese hulp

Fotobron: Voorsien