‘Sumo’ Patosi moet die pad vat

Deur Linda Ximba

Bafana Bafana-speler Ayanda Patosi is in die pad gesteek deur die klub Foolad in die Persiese Golf-liga weens swak gedrag.

The Iranese klub se baas, Saeed Azari, het gesê Patosi was oorgewig toe hy by die klub se voorseisoen-kamp opgedaag het, en boonop laat.

Dit was ook nie die eerste keer nie. In 2020 is Azari deur die klub as ’n “sumo-stoeier” beskryf.

Die boorling van Kaapstad is aanvanklik weggestuur om te gaan oefen terwyl die klub oor sy lot besin. Hy het al voorheen reëls oortree. Die betrokke partye het toe besluit dis beter as hy sy tassies pak.

Die aanvallende middevelder het in 2019 by Foolad aangesluit ná ’n skitterseisoen vir Cape Town City.

Hy het die klub wat hom uitgeskop het op Instagram besing:

“Dankie, Foolad FC. Dit was ’n plesier en ’n eer om vier jaar lank vir die klub diens te doen. Dankie aan al die spelers saam met wie ek die veld deur moeilike en wonderlike tye kon deel,” het hy gesê.

“Aan al my ondersteuners, julle het baie vir my beteken en ek sal die goeie tye onthou. Ek wens julle alles van die beste toe.”

Gelukkig vir die talentvolle loskop stel twee ander klubs in dieselfde liga in sy dienste belang.

In die foto hierbo: Ayanda Patosi in Bafana Bafana se kleure

Fotobron: Soccer Laduma