Een begrafnis en drie dekades later kom Nomvula huis toe

Deur Songeziwe Mapukata

‘n Vrou wat 30 jaar gelede verdwyn het terwyl sy op soek was na werk as ‘n huishulp, het onlangs weer haar verskyning gemaak – en dit jare nadat haar familie gedog het hul begrawe haar lyk.

Florence Nomvula Penyu is Maandag met haar gesin herenig nadat sy in Gonubie in Oos-Londen in swak gesondheid gevind is.

Nou is die ma van drie terug by haar huis op die Oos-Kaapse dorpie Elujecweni in Ngqeleni.

Een van die eerste plekke wat sy met haar terugkeer besoek het, was die graf wat veronderstel is om hare te wees, waar haar familie in 2009 ‘n liggaam begrawe het wat hulle geglo het haar oorskot was.

“Hierdie graf is nie myne nie. Ek is nog nooit dood nie,” sê sy in ‘n video wat deur aktivis Petros Ntshele Majola op sy Facebook-blad gedeel is.

Sy sit op die grafsteen wat haar volle naam dra, en voeg by: “Ek is nog heeltyd lewendig en het in Oos-Londen gewoon.”

Op 63 het Florence nie ‘n identiteitsdokument nie en het nog nooit in haar lewe gewerk nie.

“Ek het nie huis toe gekom nie omdat ek nie geld gehad het nie, want ek werk nie, maar nou is ek bly om terug te wees tuis,” het Nomvula bygevoeg.

Haar niggie, Poppy Penyu, het met Scrolla.Africa gepraat en gesê hulle het 12 jaar gelede uitgevind dat Nomvula dood is. Of so het hulle gedink.

Die gesin het ‘n lyk begrawe, maar het nou geen idee aan wie dit behoort het nie.

“Ons het selfs aan die TV-program Khumbulekhaya geskryf om na haar verblyfplek te soek. Nie lank daarna nie het die program die familie gebel en ons ingelig dat haar liggaam al vir byna ‘n jaar lank in ’n staatslykhuis gevries lê en begrawe moet word.

“Toe ons gevra het hoe hulle haar kon identifiseer, het hulle vir ons gesê dat die lyke in die lykshuis etikette het en sy is dus geëtiketteer. Ons het nooit na daardie liggaam gekyk om haar te identifiseer nie, want daar is vir ons gesê sy was amper besig om te ontbind. Ons het geglo wat daar vir ons vertel is en het die liggaam begrawe.”

Maar Sondag is die familie deur iemand op Facebook gekontak, wat gesê het Nomvula leef nog.

Dié persoon het ook foto’s aan die Penyu-gesin gestuur. Hulle het hierdie beelde binne die hele familie versprei en almal het haar dadelik herken. “Dit is inderdaad sy,” het Poppy gesê.

Hulle het Maandagoggend vroeg na Oos-Londen gereis. En dit was als waar.

Poppie sê toe Nomvula haar familie sien, het sy geskree: “Goeie vader, my familie is hier!” Toe sy na hulle toe hardloop, het hulle uitgeroep: “Nomvula, is dit regtig jy?”

Wanneer die gesin Nomvula aanhou vra hoekom sy nog nooit na haar familie probeer uitreik het nie, reageer sy nie. “Nomvula bly net stil,” vertel Poppy aan Scrolla.Africa.

Nomvula het ‘n ander lewe in Oos-Londen gelei. Sy het die afgelope 30 jaar saam met ‘n man gewoon wat haar mishandel het. Hierdie mishandeling het daartoe bygedra dat haar gesondhei nou verswak het, sê sy.

Nou het Nomvula net een wens: dat die onbekende graf verwyder word.

Op die foto hierbo: Florence Nomvula Penyu

Fotobron: Petros Ntshele Majola Facebook-blad