Deur Dylan Bettencourt
Lewis Hamilton het sy hart uitgestort oor die wrede rassisme waaraan hy tydens sy skooldae onderwerp is.
Die Formule 1-jaer het dikwels die rassisme wat hy in die gesig gestaar het gedeel, maar het tot nou toe nog nooit presies beskryf wat hy weens sy velkleur moes verduur nie.
Hamilton het op die On Purpose-potgooi gepraat en gesê skoolgaan was die mees traumatiese tydperk ooit.
“Dit was die moeilikste deel van my lewe,” het Hamilton gesê.
“Ek is reeds op die ouderdom van ses geboelie. Ek was een van drie gekleurde kinders en groter, sterker bullebakke het my gereeld rondgestamp” het die 38-jarige gesê.
Hamilton het ook onthul dat daar net sowat ses of sewe swart kinders in ‘n skool met 1,200 leerlinge was.
Oor wat die moeilikste was, het hy gesê: “Die voortdurende getart, die dinge wat óf na jou gegooi word, soos piesangs, óf mense wat die N-woord net so maklik sou gebruik.”
Hamilton bly die enigste swart jaer wat in Formule 1 gekompeteer het en is dikwels uitgekryt omdat hy probeer het om oor onregte binne en buite die sport te praat.
Hierdie kwellende kwessie is waarvoor Hamilton veg. Baie ander staar dit in die gesig, maar het nie dieselfde platform vanwaar Hamilton kan praat nie.
Terwyl baie sy bedoelings bevraagteken en sê hy soek bloot simpatie, bied dit herleenbaarheid en ‘n poging om die saak reg te stel.
Die sewemalige wêreldkampioen het nie ‘n enkele oorwinning in die 2022 Formule 1-seisoen behaal nie. Dit het nog nooit vantevore gebeur nie en hy sien nou uit daarna om dit reg te stel in 2023.
Die nuwe Mercedes word op 15 Februarie onthul en die Formule 1-seisoen skop af op 5 Maart met die Bahrain Grand Prix.
Op die foto hierbo: Lewis Hamilton
Fotobron: Sports Illustrated